Figaro-dialoog dans betekenisvol in hierdie township
Townships is gewoonlik die plekke waar rewolusies begin ontbrand, waar politieke onmin in letterlik vurige protesoptogte ontaard en groot skade rondom noodsaaklike infradstruktuur die resultaat is von sulke optrede.
Dit is vir alle Suid-Afrikaners feitlik lets alledaags. Maar bring ´n mens Mozart na ´n township, is dit asof almal ´n vrolike hoed opsit, die lewe uit ´n ander hoek bekyk, terwyl die viering van talent die middelpunt van alle aandag word, al is die ontsnapping weg van hierdie werklikheid slegs tydelik.
Toe Mozart klaar en uitgeput was ná-sy voltooiing van Die huwelik van Figaro, sy ensemble-opera by uitnemendheid, skryf hy as ´n ondertitel die woorde „´n dolle dag“ op die titelblad neer.
In dié opvoering deur die NWU se Musiekskool in samewerking met Umculo, die NWU-koorakademie en Puk Kunste, is alle swaartilendheid, skyn, voos tradisies, lompheid en vervelige roetine wat tot sleur kan lei, totaal teengewerk – en dit met 11 sangers in die rolverdeling wat wissel van eerstejaar- totvierdejaarstudente.
Niks hier is konvensioneel nie. Die opera speel in ´nsjebien af, met net ´n tafel of twee, ´nyskas, twee deurrame en ´n ghettoblaster met distorsieryke luidsprekers waardeur die laaste bladsy van die ouverture aan die begin opklink.
Dit is duidelik dat dié Figaro met ´n baie klein begroting die lig gesien het. Dit bewys een, of dalk twee, belangrike punte. Wanneer álle aandag aan die musikale afronding bestee is, vergemaklik dit die dramatiese daarstelling. Die een vloei uit die ander uit.
Dit is die Duitse regisseur Robert Lehmeier wat die ongebreidelde komies-dramatiese aspekte tot volle lewe wek, en veral met konsentrasie op tempo, liggaamstaal, gesigsuitdrukkings en deurlopende oorgawe uitvoer.
Sy uitgangspunkt, soos hy self verduidelik, sinspeel op die feit dat hy opera basies as ´n gemeenskapsprojek beskou.
Opera, soos by Mozart, is nie om ´n ander bestaanswéreld aan jou gehoor voor te hou nie, maar jou sangers en akteurs te betrek by ´n verhaal wat hul eie sou kon wees.
Dit is hierdie kragtie identifikasie wat basies uit alle sangers se vertolkings na vore gekom het.
Die opera is verkort deur, op een of hoogstens twee na, álle resitatiewe te skrap. In die plek daarvan is eerder dialoog, wat sinvol is by ´n opera wat hom binne ´n eietydse konteks afspeel, ingevoeg. Daardie dialoog is veral rondom Lehmeir se skerp komise waarnemingsvermoe self deur hom geskryf.
Alle studentesangers se gevoel vir Mozart-styl is deeglik ontwikkel. Hul stemprojeksie het bevredig en die eerderheit het hul karakters voluit laat lewe.
Die aandeel von die NWU-koorakademie was deels resonant, maar steeds waar nodig sensitief. John Reid Coulter het die orekstpartituur vanuit sy klavierspel intens verlewendig. Die gehoor het letterlik opgewek die saal verlaat.